this issue
previous article in this issuenext article in this issue

Document Details :

Title: Verantwoordelikheid, geregtigheid en versoeninge
Subtitle: Etiese Vraagstukke rondom die Suid-Afrikaanse Waarheid- en Versoeningskommissie
Author(s): PAUW, Christoff
Journal: Ethische Perspectieven
Volume: 7    Issue: 1   Date: April 1997   
Pages: 10-29
DOI: 10.2143/EPN.7.1.556457

Abstract :
Suid-Afrika kan tans beskou word as 'n land in 'n politieke oorgangsfase vanaf 'n outoritêre regime na 'n demokratiese vorm van regering. Dit is 'n proses wat die afgelope aantal dekades orals oor die wêreld plaasvind, veral in Afrika, Oos-Europa en Suid-Amerika. Elke oorgangsituasie het unieke elemente en probleme, maar dit is tog moontlik om sekere neigings in hierdie prosesse uit te lig. Een daarvan is dat daar 'n al groter bewuswording gekom het van die belangrikheid daarvan om mensenregteskendings van die vorige regering te ondersoek. Dit vind egter plaas te idde van moeilike politieke, sosiale en soms ook ekonomiese probleme. Om in die verlede te delf is noit maklik nie, maar soos beklemtoon deur talle skrywers, is dit nie iets wat maklik vermy kan (en mag) word nie -daar moet afgereken word met die verlede se mensenregteskendings. Soos beklemtoon deur Zalaquett is hierdie 'n nuwe area vir die gebied van menseregte eb roep derhalwe talle kwessies op.

Download article